SA se skuldlas te hoog

IMF in sitting

Die skuldlas van Suid-Afrika het die hoogte ingeskiet, en sal die R4 triljoen merk bereik as die regering daarin slaag om sy beoogde lening te bekom van die Internasionale Monitêre Fonds.

Suid-Afrika het binne 25 jaar van ’n ryk land verander tot rommelstatus en in sekere gevalle die spot van die wereld geword.

Korrupsie, diewe en wanbestuur op alle vlakke van die regeringstruktuur het grootliks bygedra vir die ellende, maar die regering het ’n nuwe sweep gekry om mee te slaan: Dit is nie net apartheid se skuld nie, dis nou veel gemakliker om die pandemie die sondebok te maak,

In die volgende dekade gaan die land swaar dra aan belastings wat verhoog word, inflasie wat styg, ’n geldeenheid wat verder verswak, die resessie wat remmend sal wees en die feit dat die regering R0-21 sent van elke R1-00 belasting inkomste sal moet aanwend om skuld te delg.

Daarbenewens is daar volgens waarnemers geen waarborg dat die korrupsie en ongerymdhede op die ekonomiese front beëindig word nie.

Die skuldlas is veels te hoog sê ekonome, en as die land nie reeds so vrot van die skuld was nie, sou hy die pandemie sonder geldelike probleme kon aanpak, se die ekonomiese raadgewers.