Rekord van Nederlandse biblioteek

’n Boek wat uitgeneem is by ’n Nederlandse biblioteek gedurende Maart 1981, is nou na dekades weer terug op die rak om uitgeneem te word.

Die bibliotekaris het gesê die leser het waarskynlik dit baie moeilik gevind om die boek weer te laat gaan, maar dit is ’n rekord wat waarskynlik alle ander biblioteke van die wêreld oortref.

Die voorval in die Nederlandse dorp Groesbeek het almal aan die gons, nadat die boek die afgelope week teruggebring is na die biblioteek na bykans 40 jaar se afwesigheid.

Die bibliotekaris het ’n foto van die boek en die uitleen kaart op die sosiale netwerk geplaas, en die stempel op die kaart lui “5 Maart 1981” wat beteken die boek was 39 jaar lank uit sy plek op die biblioteek se rak.

Volgens die biblioteek is die boek dus 39 jaar 13 weke en 5 dae oor sy tyd wat dit terug besorg moes gewees het.

Die boek is ’n novelle met die titel “Terug na  Oegstgeest” geskryf deur Jan Wolkers en was gepubliseer in 1965 .

Berekenings wat gemaak is, toon dat die laat inhandiging se boete fooi sowat €1,531sou wees, maar die biblioteek het geen boete gehef nie.