Regime probeer weer die hof vermy

Vir die tweede keer binne een week probeer die regering verhoed dat sy sigaret-fiasko in die Hooggeregshof besleg word.

In sy tweede poging om die hofsaak uitgestel te kry, en wat beskou word as die eerste sterk saak oor die hantering van die sigaret verkope, het die regsverteenwoordigers weereens versoek dat die saak uitgestel word “omdat die regering nie op so ’n kort kennisgewing” sy voorbereidingswerk gedoen kan kry nie.

Die regering en sy kabinet ministers kry toenemende weerstand oor die wyse waarop die pandemie bestuur word, en verskeie hofsake hang vir afhandeling waarvan die tabakmaatskappy British American Tobacco SA waarskynlik eerste in die Hooggeregshof beslis sal word.

Politieke ontleders reken die regering probeer die hofsaak uitgestel te kry om sy omstrede besluit te verbloem met die hoop om dit lank genoeg uitgestel te kry om dan in Fase 2 die verbanning op verkoop van sigarette op te hef.