Regering gee duisende mense gratis TV

Met ’n swak argument as rede dat vrese sou bestaan oor sommige agtergeblewenes uitgesluit kan word om oor die TV kanale as leerlinge te studeer, het die ANC besluit om duisende mense van gratis televisie te voorsien.

Die kommer bestaan glo dat kinders van agtergeblewenes nie die geleentheid het om studiewerk te doen terwyl skole nie oral heropen nie, en derhalwe word 110,000 stelle aan die agtergeblewenes voorsien.

Die huishouding wat kan kwalifiseer, moet minstens een Graad 12 leerling huisves en moet ook aansoek gedoen  het vir die R350 gratifikasie as werklose.

Die toegewing word gemaak omdat leerlinge bykomende lesse ontvang weens die lang sluiting van skole wat geduur het tydens die pandemie.

Gratis TV stelle word vir elke provinsie beskikbaar gestel, en word soos die onderstaande tabel gegee.

Volgens die onderstaande lys sal Wes-Kaap en Sentraal Transvaal (Gauteng) nie kwalifiseer vir gratis televisiestelle nie.

Provinsie                 Gratis TV stelle

Oos-Kaap               25,881

Vrystaat4,421
Natal32,009
Limpopo7,317
Oos-Tvl24,880
Noord-Kaap4,779
Wes-Tvl11,697
Totaal111,004