Regering beplan kernkrag sentrales

Koeberg

Die regering van president Cyril Ramaphosa het by monde van sy Minister van Energie Sake, Gwede Mantashe,  aangedui dat kernkrag sentrales op die program is vir die toekoms.

Die minister sê Suid-Afrika sal die kernkrag sentrales oprig volgens sy finansiële vermoë, en ’n eerste kragstasie wat 2,500 MW lewer word vir later beoog.

Kernkrag elektrisiteit het in die voormalige president, Jacob Zuma, se tyd ter sprake gekom en tenders is uit ondermeer Rusland en Frankryk bekom, maar is jmet sterk weerstand laat vaar weens die land se finansiële toestand.

Waarnemers is verbaas dat die onderwerp weer na die oppervlakte gekom het terwyl Suid-Afrika se finansiële toestand nog verder verswak het weens die koronavirus pandemie en die afgradering deur graderings agentskappe soos Moody’s wat die land tot rommelstatus afgradeer het.

Suid-Afrika beskik slegs oor een kernkrag sentrale, Koeberg, wat in die Wes-Kaap opgerig is in die jare toe ‘n blanke regering aan bewind was.