R17 miljoen vir kwarantyn geriewe

Die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Patricia de Lille, sê die ANC regering het tot hede R17 miljoen spandeer aan kwarantyn persele,

Die Minister beweer daar was ’n nood om ’n groter balans te kry tussen privaat persele en openbare persele wat as kwarantyn gebiede gebruik kan word.

Die privaat persele waarmee onderhandel is, het ’n aansienlike deel van die aangewende bedrag opgeslurp, en tot hede is ’n totale bedrag van R17 miljoen gebruik.

De Lille sê die Departement is verantwoordelik om persele te identifiseer wat geskik is vir die gebruik as kwarantyn gebied, en m sowat 3,000 punte is reeds geïdentifiseer waarvan 630 staats eiendom is.

Die persele moet glo deur die Departement van Gesondheid goedgekeur word alvorens dit in gebruik geneem kan word, en dit maak voorsiening vir sowat 37,000 beddens.

Die minister sê die Departement Gesondheid het reeds 400 persele goedgekeur en 136 daarvan is reeds in gebruik gewees.

Geen woord is glo gerep oor die onhigiëniese perseel in die Groblersdal omgewing wat ook geïdentifiseer en goedgekeur wass, maar wat deur die hof verwerp is en bevind het dat die mense aldaar na hulle woonhuise kan terugkeer.