Provinsiale grense oopgestel?

Die Minister van Toerisme het die naweek aangekondig dat toerisme organisasies voortaan besprekings kan aanvaar van mense wat in ’n ander provinsie wil vakansie hou.

Vakansiegangers, hetsy vir ’n naweek of ’n volledige vakansie, kan nou bespreek word al sou dit vir iemand wees wat provinsiale grense moet oorsteek.

Alhoewel nog geen amptelike aankondiging gemaak is dat oor provinsiale grense gereis mag word nie, is alles sodanig ingestel dat die deure daarvoor wyd oopstaan.

Minister Mmamoloko Kubayi-Ngubane het Vrydag gesê diegene wat nou gereed is om bietjie weg te gaan, maar hulle besprekings kan doen.

Meningsvormers wys daarop dat die minister se aankondiging eers gemaak moet word aangesien dit tot dan onwettig sal wees om oor grense heen te reis na vakansie plekke.