Pole herkies hulle president

Die eerste rondte van die Poolse presidentsverkiesing toon dat die land se konserwatiewe kiesers weer president Duda as staatshoof verkies.

In die afgelope verkiesing van die naweek het nege ander kandidate die stryd gevoer, maar die konserwatiewe president Andrzej Duda het net meer as 42% van die stemme getrek teenoor die grootste opposisieparty se 30%.

Politieke ontleders reken egter dat al die kandidate wat kleiner steun gekry het, waarskynlik uit frustrasie vir die opponent van Duda kan stem in die tweede rondte.

Die konserwatiewe Wet en Orde Party reken egter dat president Duda gemaklik sal wen in die tweede rondte.

Waarnemers wys daarop dat die verkiesing van regeringshoofde en staatshoofde vanjaar ’n groot omwenteling kan beleef omdat miljoene kiesers wêreldwyd met hulle regeerders ontevrede is oor die hantering van die koronavirus pandemie wat baie mense se lewens geraak het.