Pluimpie vir Apartheid

Unathi Kwaza

Die hoof van die Instituut vir Rasse Verhoudings in Suid-Afrika het Maandag die land daarop gewys dat die verlede nie noodwendig beter was as wat dit vandag is nie.

Die liberalis, Frans Cronje van die Instituut het die opmerking gemaak nadat een van sy raadslede by die Instituut op die sosiale netwerk gesê het dat dit beter was onder apartheid as wat dit vandag is vir die mense van die land.

Cronje het egter probeer om die raadslid se bewering te weerlê, sonder om feite te verstrek, en uiteindelik het die raadslid meer steun gekry vir die standpunt as dit wat hy gesê het.

Unathi Kwaza wat ook op die Vryemark Stigting se raad is, het op die sosiale netwerk gesê swart mense was beter daaraan toe onder apartheid en dit het tyd geword dat mense dit erken.

Haar inskrywing het 400 teenstemme gekry, maar meer as 1500 het die standpunt gesteun.