Perspektief: Samewerking na vryheid

Een positiewe gevolg van die regering se ras-behepte hantering van die Covid-19 uitbraak en die gevolglike ekonomiese verwoesting van hul Stalinistiese beleids-rigtings, is die breë besef onder meer mense dat ons op onsself aangewese is.

Nóg die regering, nóg ander “vet-kat”-politici gaan enige daadwerklike poging tot grondvlak-steun aanwend vir die Afrikaner en ander minderhede in die land.

Die ekonomiese vernietiging in ons land herinner – tragies vir Junie – aan die gevolge van die 16 Junie 1900 proklamasie van volksmoord en hulpbron-verwoesting.

Die haat-gedrewe Roberts se optrede het ysingwekkende parallelle met die ras-haat beleid van die ANC – primêr in die verarming van ons mense, maar ook in die volksmoord-vlaag wat wel stadiger, maar tragies-seker voortduur.

Die noodsaak van samewerking na vryheid kan kwalik oorskat word.

Daar is egter etlike voorwaardes om saam te mág werk vir vryheid:

Die éérste en belangrikste ankerpunt is Christenskap, calvinisties verstaan:

sonde-besef, berou, bekering en herstel van die gebroke samelewing en wanpraktyke van die humanisme wat ons samelewing tot hier laat neerstort het.

            Daarsonder is enige oplossing tydelik en noodwendig gedoen tot mislukking.

Die tweede ankerpunt is suiwer praktiese beginsels, wat voortvloei uit die eerste.

            Vlyt, produktiwiteit;

            Eerlikheid en wedersydse respek;

            Billikheid in handel en dienslewering.

            Gesonde praktyke deur verantwoordelike en verantwoordbare regering;

            Verkleinde staatsdiens, afgestem op dienslewering en hulpbron-bewaring.

Die derde ankerpunt is volkseie-eerste

            Ons moet op die breë sosiale lewensterreine saamwerk. (soos ons voorsate)

MAAR dan werk ons saam met ander van dieselfde oortuiging en na dieselfde doel – ’n  konfederale vryheids-model vir alle volke

Daar is ongelukkig ook ander parallelle waaruit ons moet leer.

Die oorlog-winsneming van joiners en hensoppers het destyds ’n verdelingslyn in ons volk geslaan wat steeds nie oorbrug is nie.

Ons kan ook nie uit die oog verloor dat juis die liberaal-sosialistiese vakbondwese instrumenteel was in die ontketening van daardie vernietigende oorlog nie …

Die eerlike vraag is of dit oorbrugbaar is:

wie eenmaal sy volk verraai het vir geld of ander voordeel, sal dit noodwendig weer en weer doen – so het 1914, 1939, 1966 en 1989-94 ons probeer leer.

            Waak teen verraad van binne ons breër volks-huis;

            Waak teen opportunisme, finansiële en ter wille van mag of invloed;

            Onbeskroomde suiwering van ons volkskring van hierdie elemente.

Hierdie lesse is noodsaaklik om ons hernieude werk, na hernieude vryheid, te beskerm teen die bewese jingoïsme van die liberale dampkring.

Baie planne en goeie voorstelle oorweeg bloot die praktiese werklikhede, tot algehele uitsluiting van beginsels.

Juis dit is die rooi lig – want dit is diegene sonder beginsel wat telkens ons vol ken land uitverkoop het oor die afgelope 120 jaar.

Ons skuld dit aan ons kinders om hul hierteen te beskerm.

Ons skuld dit aan ons volks-troue voorsate, vir hul offers vir ons vryheid en welvaart.

Ons is dit verskuldig, as geroepe, gelowige volk, vir elke gelofte sedert 1654, óók elke belydenis-gelofte, elke doop-gelofte … en ons kan slegs ons roeping gehoorsaam wees deur te verseker ons samewerking setel in die regte ankerpunte.