Oos-Kaap gesondheidsdiens val plat

Die Oos-Kaapse gesondheidsdienste is besig om totaal in duie te stort en veroorsaak dat mense onnodig swaar kry en uiteindelik te sterwe kom.

In sekere gevalle het pasiënte met mekaar handgemeen geraak en ander het in lang toe gestaan en wag om bedien te word.

Pasiënte wat dringend suurstof benodig, kry nie behoorlike aandag nie, en verskeie pasiënte sterf op die vloer van die hospitaal omdat daar nie voldoende beddens is nie.

Waarskuwings kom van dokters en verpleegpersoneel dat die taak om professionele diens te lewer, moeilik nagekom kan word met die heersende swak toestande.

Met die projeksie dat die provinsie teen die middel van Julie sowat 445,000 infeksie gevalle kan hè is die vooruitsig vir nog swakker toestande in hospitale nie uitgesluit nie.