Ons mense se “geloof”

Tydens die grendelsluiting het menige stemme opgegaan rondom die verbod op religieuse byeenkomste. Nou nadat toestemming verleen is dat kerke en kerk groepe wel eredienste mag hervat, met sekere voorskrifte,  is die reaksie van mense en kerkrade onverklaarbaar.  Skielik is die “gevaar” daar dat jy die Covid virus in die kerk kan opdoen tenspyte van maatreëls rondom sanitasie ens.  Dieselfde mense wat gekla het oor die sluiting van kerke gaan na hul winkel sentrums waar hul skouer skuur met ander mense wat in die winkel/mall is.  By die betaalpunte geskied kontant en kaart transaksies sonder enige werklike maatreëls om die geld en kaart masjiene werklik te “ontsmet”.  Sekere kerke maak geen poging om met eredienste te begin nie, nou praat ons van Afrikaanse kerke.

Nou ontstaan die vraag:  Is kerk bywoning werklik vir ons as volk belangrik?  Gebruik ons nou ‘n virus om liewers by die huis te bly?  Gaan ons na alle beperkings opgehef is nog enigsins die behoefte hê om kerk eredienste by te woon?

Ons prioriteite is skeef getrek en ons verantwoordelikheid word ontduik.  Mag ons nog vra hoekom dit so gaan in ons land?  Is ons nie soos die volk van die Ou Testament besig om die af te dwaal van die pad wat die Skrif vir ons voorskryf nie.  Ons mag nie oordeel nie. Oordeel kom God toe, maar ons sal verantwoording moet doen vir ons besluite.

VDM