Onheil broei in VSA

Bewerings word in koerante aangehaal dat Rusland die terroriste beweging Al Kaïda ’n aanbod gemaak het om hulle finansieel te vergoed on Amerikaanse soldate in die Midde Ooste dood te maak.

Aanvanklik het die berigte nie aandag getrek nie, maar verlede week het die inligting toenemende belangstelling gewek en word daar nou vrae gevra wat beantwoord moet word.

Indien die verslae wel enige waarheid bevat, sal die Wit Huis moet verduidelik waarom die president, of die visepresident nie daaroor ingelig is nie.

’n Tweede vraag wat nou gevra word is wie is die persone wat bewus was van die Russiese optrede en waarom is dit verswyg.

Republikeinse verteenwoordigers en senatore wil weet wat gedoen is deur diegene wat wel bewus was van die moontlikheid dat soldate om die lewe gebring gaan word, om te voorkom dat dit wel gebeur.

Politieke ontleders sê dit dui op die moontlikheid dat die Amerikaanse president later geblameer sou word deur die opposisie sodat hy die presidentsverkiesing in November sal verloor.