Onbevoegde OB verloor weer

Die omstrede Openbare Beskermer, Busiswe Mkhwebane, het weereens ’n bloutjie geloop in die Hooggeregshof, wat kenners die wenkbroue lig oor haar bevoegdheid.

Busiswe Mkhwebane het ’n verslag vrygestel in Augustus 2018 waarin sy die ANC se Minister van Polisie, Bheki Cele, van verkeerde optrede beskuldig.

Mkhwebane se bevinding dat die SA Polisiediens beveiliging moet bied aan twee fluitjieblasers van Natal, is deur die Hooggeregshof ongeldig verklaar en finaal verwerp.

Sy het ook die Minister van Polisie, Bheki Cele, van growwe nalatigheid beskuldig en het nagelaat om die twee fluitjieblasers te beskerm.

Die twee mans was getuies in ’n multi-miljoen Rand korrupsie skandaal in die munisipaliteit van Umzimkulu.