Nuwe vlaag infeksies in Sjina

’n Tweede vlaag van nuwe infeksies van die koronavirus gevalle het Sjina getref en moes die kommunistiese regering weer soos voorheen, streng maatreëls instel.

Dit het Sjina geforseer om sowat 500,000 mense in te perk in ’n provinsie naby Beijing, waar die plaaslike owerheid gesê het die nuwe vlaag is “ernstig en gekompliseerd”.

Die gebied wat nou ingeperk is, is sowat 150 km weg van die Sjinese hoofstad, en kan maklik ’n nuwe pandemie veroorsaak as te veel gevalle in Beijing sou beland.

Die kommunistiese regering is so bekommerd oor die situasie dat hulle selfs strenger maatreëls ingestel het as die vorige uitbreking, aangesien Beijing met sy miljoene inwoners se infeksies onbeheerbaar sal wees.

Die inperkings maatreëls is so streng dat slegs een persoon van ’n gesin die woonplek mag verlaat om kos of medikasie te koop.

Sjina se voordeel is dat wanneer die owerheid ’n bevel uitreik, niemand dit sal waag om so ’n bevel te verontagsaam nie aangesien die wette baie strenger is as in Westerse lande.