Nuusflitses

Daar is ekonome wat sê die president en sy kabinet moet gaan “uit eet” sodat die kelners ook iets het om te eet, en ’n ander sê die kabinetslede moet nie wag nie, en dadelik afsprake maak om hulle hare te laat sny sodat die haarkappers ook iets te ete kan kry.

Nedbank het meer as 2,000 kleinsake ondernemings finansieel bygestaan sodat hulle die sakewêreld weer kan trotseer aangesien hulle moes swig voor die pandemie se aanslag.

Telkom beweer dat sy beleid om verder weg te beweeg van die landlyn telefoon stelsel na die mobile foon stelsel besig is om positiewe en goeie vrugte te lewer.

Gerugte doen die rondte dat die voormalige ANC president, Jacob Zuma, met ’n nuwe slenter gaan kom deur te versoek dat sy hofsaak oor die wapen skandaal geskei moet word van die Franse maatskappy wat ook in die saak betrokke is.

Die hof het bevind dat SAL wel kan herstel indien dit deur die sake reddings praktyk bestuur word soos wat tans die geval is, en het bevind dat ’n likwidasie proses nie toegestaan word nie.