Nuusflitse

Parys

Die sosialistiese burgemeester van die Franse hoofstad, Anne Hidalgo, het haar posisie behou tydens die afgelope munisipale verkiesings van die land, en die Franse president, Emmanuel Macron het sy tevredenheid daaroor uitgespreek.

COVID-19

Die infeksies van die nuwe koronavirus het wêreldwyd gestyg tot meer as 10 miljoen, en die sterftes het nou die 500,000 merk bereik. Die VSA het die grootste aantal infeksies van alle lande, met Brasilieq in die tweede plek.

Hong Kong

Duisende pro-demokrate van Hong Kong het ’n “optog in stilte” gehou die afgelope naweek in die stad se strate uit protes teen die Sjinese wetgewing vir die stad wat as “groter sekuriteit” deur die kommuniste van Beijig beskryf is.