Nuusflitse

Sakelui vas

Inspekteurs vind honderde instansies in SA wat nie voldoen aan die gestelde vereistes by die werkplek om die verspreiding van COVID-19 virus te bekamp nie, en word glo een na die ander versoek om sake te sluit tot vereistes nagekom word.

Ventilators

Minister Patel beweer dat SA meer as 20,000 ventilators vervaardig wat teen einde Augustus beskikbaar sal wees vir koronavirus pasiënte regoor die land.

Skole

Ingeligte bronne beweer dat meer as 120 skole in die land nie op 1 Junie heropen word nie aangesien die toerusting wat vereis word om veiligheid te verseker, nie afgelewer is nie, maar ’n groot aantal skole sal ook nie die totale aantal skoliere kry nie aangesien ouers besluit het om nie hulle kinders te stuur na skole waar hulle moontlik infeksie kan opdoen nie.