Noord-Korea breek bande met Suide

Noord-Korea het Dinsdag die kantore aan sy kant van die grens met Suid-Korea opgeblaas en daarmee die verhouding met sy suidelike buurland verder verswak.

Die kantoor kompleks is opgerig met die bedoeling om ’n beter verhouding met Suid-Korea te vestig, en was in die grensdorpie Kaesong.

Die gebou is met plofstof platgeskiet nadat Noord-Korea se leier gewaarsku het dat die suide moet stop om propaganda materiaal oor die grens te versprei met lugbalonne.

Die kommunistiese leier, het onder leiding van sy suster, Kim Yo Jong ’n tweede waarskuwing gerig dat Noord-Korea nie verdere propaganda tot nadeel van sy land sal duld nie.

Die industriële gebied van die dorp Kaesong was in digte rook gehul toe die gebou vernietig is met plofstof.