Nkosazana Dlamini-Zuma, jou septer val

Dlamini-Zuma

Die ANC se minister Nkosazana Dlamini-Zuma se septer is besig om te val, en die val daarvan kan enorme betekenis hê vir Suid-Afrika, mar ook vir die regerende party.

Dit is die mening van ’n politieke ontleder wat ook van oordeel is dat die talryke foute wat die minister die afgelope weke begaan het, haar kanse om Ramaphosa op te volg as president, ernstig benadeel.

Die feit is egter dat die ANC se ondersteunersbasis nie sterk ingestel is op bekwaamheid nie, vandaar ook die samestelling van die meerderheidsregering se parlementêre verteenwoordigers.

Die minster het haar septer laat val, en omdat dit in die nabyheid van ’n politieke afgrond gebeur het, is Suid-Afrika in afwagting oor nuwe hofsake wat eersdaags beslissend sal wees .

Die opdrag van die hof dat die regulasies van die Fase 4 en Fase 3 inperkings maatreëls ongrondwetlik is, het die vinger na Nkosazana Dlamini-Zuma laat wys.

Sy staar nog meer hofbeslissings in die gesig, waarvan ’n belangrike saak op 9 Junie in die Hooggeregshof aangehoor sal word oor die verbod op die verkoop van sigarette.