Nieu-Seeland verklaar virus vry

Die Eerste Minister van Nieu-Seeland het gesê die land word virus-vry verklaar, maar dadelik gewaarsku dat dit harde en deeglike werk sal kos om dit so te hou.

Die land sal alle inperkings skrap  nadat die laaste pasiënt wat infeksie gehad het, nou daarvan herstel en negatief getoets het.

’n Verklaring wat deur die Minister van Gesondheid uitgereik is, sê die laaste oorblywende geval van infeksie was die van ’n dame in Auckland, en sy het nou geen simptome vir die afgelope 48 uur nie, en is ten volle genees verklaar en toegelaat om uit isolasie te kom.

 Dit was Maandag reeds 17 dae wat geen nuwe gevalle aangemeld is nie, en gedurende daardie tyd van meer as twee weke is 40,000 mense getoets vir moontlike infeksie.

Waarnemers wys daarop dat Noeu-Seeland se regering die korrekte inperkings metodes toegepas het, en dat die bevolking hulle streng daarby aangepas het, wat uiteindelik tot die sukses gelei het.

Intussen het die land se nasionale rugbyspelers, die All Blacks, begin om hulle gereed  te maak om sy spelers wedstryd fiks te kry vir internasionale wedstryde.