Mislukte Munisipaleteite kry “vergoeding”

Die aankondiging van Minister Tito Mboweni dat munisipaliteite ook miljarde Rand sal ontvang ten einde sekere dienste te lewer, word in talle kringe ernstig bevraagteken.

Ekonomiese kundiges wys daarop dat die land se munisipaliteite tot hede op ’n bedenklike wyse bestuur is, en dit het gelei tot enorme finansiële implikasies.

Eskom rekeninge word nie betaal nie, korrupsie het miljarde Rand beloop. Die dienste aan getroue betalende inwoners het byna elke week verder verswak, en ongeregverdigde salaris aanpassings het die laaste spyker geword om die munisipaliteite tot bankrotskap te lei.

Die aankondiging van die Minister van Finansies dat “virus geld” wat elders geleen gaan word, ook aan munisipaliteite oorbetaal gaan word, laat die vraag ontstaan van hoeveel korrupsie daarmee gepaard gaan.

Die oorgrote meerderheid munisipaliteite het stewige beleggings gehad voor die ANC die land gekry het, maar daardie geld is binne maande vermis om nooit weer gevind te word nie, sê ’n voormalige stadsraadslid.