Motor verhuring swaar getref

Die motor verhuring ondernemings is swaar getref deur die inperkings wat SA vir maande tot stilstand gedwing het.

Een van die maatskappye sê hy was genoodsaak om meer as 20 van sy 100 kantore te sluit, en moes sowat 2,000 werkers aflê met pakkette wat die groep R125 miljoen kos.

Motor verhuring het tot stilstand gekom toe die pandemie veroorsaak het dat die land se lughawens gesluit moes word, wat ’n groot verhurings element bevat van besoekende mense na die land normaalweg gebruik.

Die verkope van nuwe voertuie het ook vir etlike maande tot stilstand gekom, en met die heropening in Fase 3 van die inperkings was die werkloosheid in die land reeds so enorm dat die handelaars van die bedryf ook met afleggings moes begin.