Minister Zulu word gebraai

Die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu is al weer in die spervuur, en hierdie keer oor die vrystelling van regulasies om beheer oor voedsel verspreiding aan mense in nood.

Sy het na wat berig word, ’n kontroversionele metode ingestel oor hoe dit gedoen moet word, wat kort daarna deur die SA Menseregte Kommissie verwerp is.

Die Minister kon in die afgelope weke dit waarskynlik nie waag om enige aankondiging te maak nie, want sy word telkens skerp gekritiseer vir die wyse waarop sy haar departement bestuur.

Volgens waarnemers word die nuwe maatreëls wat deur haar aangekondig is, hoegenaamd nie goed genoeg om aan die arm mense se behoeftes te voorsien nie, en is in sommige gevalle selfs onuitvoerbaar.

Die regulasie bepaal ondermeer dat sop kombuise nie mense mag toelaat om te sit en dit te eet nie, en die hulpbehoewendes moet ook hulle eie houers bring waarin die sop geskep sal word.

Die regulasies van die land bepaal egter dat sop kombuise en restourante slegs sosiale afstand moet handhaaf en dat higiëne toegepas moet word.

Opposisiepartye dreig om die minister hof toe te sleep as sy nie voldoen aan die neergelegde reëlings wat oorhoofs van toepassing is nie.