Miljarde dollar vir entstof geskenk

In ’n virtuele ontmoeting wat die afgelope Saterdag gehou is en waarby die wêreld se mense betrokke kon raak, het uiteindelik gelei tot skenkings wat miljarde dollar beloop vir die daarstelling van entstof teen die COVID-19 virus.

Die veldtog wat deur die Europese Kommissie van stapel gestuur is, en wat bedoel is om fondse te bekom vir die entstof wat miljoene mense se lewens kan red.

Uiteindelik is meer as $7 miljard bymekaar gemaak om te help met die stryd teen die hoogs aansteeklike nuwe koronavirus.

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het haar tevredenheid met die suksesvolle poging uitgespreek en al die deelnemende partye bedank vir hulle ruim bydraes.

Selfs regerings het toegetree tot die lys van skenkers, en Duitsland se Bondskanselier Angela Merkel het €383 miljoen tot die fonds bygedra nadat die Duitse regering vroeër die dag €525 miljoen bygedra het.