Malawiërs kies nuwe president

Lazarus Chakwera is aangewys as Malawi se nuwe president wat in sy toespraak gevra het dat die mense moet saamstaan om die bevolking in vrede en met vooruitgang te laat voortgaan.

Die nuwe president wat leier van die land se grootste opposisieparty is, het eers na ’n tweede verkiesing die stryd gewen, en maak van die voormalige evangelis die nuwe regeerder.

Die nuut in gehuldigde president het belowe om te werk vir groter eenheid in die Suid-Afrikaanse land wat tot hede nie juis ekonomiese voorspoed kon bereik nie.

Lazarus Chakwera is Malawi se sesde president nadat hy verlede week die historiese verkiesing, wat as merkwaardig beskou word, gewen het.

Hy het ook ’n woord gerig tot die verslane opponent en gesê die vrees wat moontlik by hom mag wees is onnodig want hy is deel van die land en sal assulks behandel word deur die nuwe regering.