Lufthansa filiaal sluit sy deure

Sowat 1,200 werknemers sal geraak word wanneer die filiaal maatskappy van Lufthansa, die SunExpress lugredery van Duitsland sy deure moet sluit.

Dit is Woensdag bekend gemaak dat die afdeling sy deure moet sluit weens die geweldige ekonomiese impak wat die koronavirus pandemie uitoefen op rederye .

Die SunExpress word deur Lufthansa en die Turkse Lugredery gesamentlik bedryf, waarby nog twee ander kleiner entiteite ook betrokke was.

Die redery het in ’n verklaring gesê die likwidasie proses het reeds begin, en dit sal die einde bring aan die vlugte waarvan duisende mense gereeld gebruik gemaak het in Europa.

Die vlugte wat nie meer deur SunExpress gedoen kan word nie, is oorgeplaas na die Turkse vennote soos Eurowings en ander kleiner rederye.