Linkse aanslag in VSA verskerp

Die aanslag verskerp in Amerika om enige negatiewe opmerking oor swartmense die nek om te draai, al was daardie opmerkings ’n halfeeu gelede gemaak.

In die stad Orange County, is die naam van die lughawe in 1979 verander van Orange County Lughawe tot John Wayne Lughawe.

Die gevierde filmster is nou die brandpunt van Demokrate in die streek omdat hy in 1971 negatiewe opmerkings gemaak het oor die swartmense van Amerika.

In ’n onderhoud het hy ondermeer gesê hy glo daaraan om blanke heerskappy en beheer te behou totdat swartmense bewys gelewer het dat hulle verantwoordelikheid kan aanvaar en behoorlik opgelei is.

Wayne het ook gesê hy glo nie aan die toekenning van leierskap en verantwoordelikhede aan mense wat onverantwoordelik is nie.

Die Demokrate van Orange County het nou geëis dat die naam van die lughawe terug verander word na sy oorspronklike naam en dat alle foto’s of ander tekens van die welbekende filmster verwyder word by die lughawe.