Kwarantyn: Regering verloor weer

Die ANC regering het weereens ’n Hooggeregshof saak verloor waarvoor die belastingbetalers moet opdok omdat hy ondeurdagte besluite op die inwoners van die land afdwing.

Die Hooggeregshof in Pretoria het in sy uitspraak gesê mense wat positief toets met COVID-19 infeksie, die reg mag behou om in self-isolasie die 14 dae kwarantyn tydperk deur te maak.

Self-isolasie word wêreldwyd aanvaar, maar in Suid-Afrika wou die Minister van Gesondheid die mense dwing om in sogenaamde staat geïdentifiseerde plekke te woon vir die kwarantyn tyd van 14 dae.

Die ondeurdagte besluit om mense te dwing om in plekke te gaan woon wat dikwels nie aan higiëniese standaarde voldoen nie, het die argwaan van duisende mense opgewek, wat ’n hoogtepunt bereik het toe ’n aantal landsburgers in ’n vervalle gastehuis in Groblersdal omgewing gedwing is om daar te woon.

Dit is die soveelste hofgeding oor die regulasies en inperkings maatreëls wat in die hof gedraai het, en die regering die saak verloor het.

Verskeie hofsake is in die pyplyn, waarvan die sigaret fiasko eerste is, terwyl die skoonheid salonne ook wag vir ’n vasgestelde datum omdat hulle eers in Fase 1 toegelaat sal word volgens die regeringsbeslit, om hulle deure te heropen.