Kim Jong-Un se dreigemente val

Noord-Korea se kommunistiese leier, Kim Jong-Un se dreigemente dat hy die suidelike buurstaat, Suid-Korea militêr sal aanval, is stilweg “uitgestel”.

Sy vorige waarskuwing en opsigtelike voorbereiding om aanvalle op die suide uit te voer, is uitgestel nadat sy suster in ’n verklaring gesê het die propaganda materiaal wat  Seoul teen sy land met ballonne versprei het, is ’n daad van aggressie wat militêr beantwoord sal word.

Die spanning tussen die twee Koreaanse state het ook gelei tot die beeïndiging van gesprekke tussen die VSA en die Noord-Koreaanse leier oor die beeïndiging van kernkrag ontwikkeling.

Die besluit van die leier Kim Jong-Un kom egter nie as ’n verrassing nie aangesien die land weet dat so ’n aanval op die buurland kan lei tot die begin van ’n derde wêreldoorlog.

Noord-Korea het glo die besluit geneem tydens ’n vergadering van die Kommunistiese Sentrale Kommissie waar lede “voorraadopname van die situasie” gedoen het voordat Kim besluit het om die aanvalle voorlopig uit te stel.