Jemen kinders staar uitwissing in gesig

Die duisende kinders in die oorlog geteisterde Jemen staar die dood in die gesig en as daar nie baie gou, groot bydraes hulp kom nie, sal dit lei tot die grootste ramp in die geskiedenis van die mensdom.

Kenners wys daarop dat die verarmde land se kinders, wat nou oorlog-sat is, nie die einde van 2020 sal beleef as die internasionale gemeenskap nie ’n reuse voedsel program, tesame met mediese hulp, aan die land voorsien nie.

Volgens die jongste verslag van die Verenigde Nasies se gesondheid afdeling word sowat 2,4 miljoen kinders se lewens bedreig.

Kommer bestaan dat die wêreld se ekonomiese krisis weens die koronavirus pandemie nie instaat is om die hulp te verleen wat nodig is om die kinders en ander inwoners van die land te red nie.

Die VN se verslag toon aan dat die 2,4 miljoen kinders nog onder die ouderdom van 5 jaar is, en is 20% van die bevolking.