Honderd sterf in weerlig-storm

’n Moeson reën en elektriese storm het oor Indië losgebars en 104 mense is deur die weerlig gedood op verskillende plekke in die land.

Onbevestigde berigte lui dat dosyne mense deur vallende bome en elektriese kortsluitings beseer is, en nog soortgelyke storm word verwag.

Die owerhede het inwoners gewaarsku om eerder in die veiligheid van huise en geboue te bly terwyl die storm word.

Eerste Minister Narendra Modi het sy meegevoel met die geteisterdes betuig, maar ook gemaan om nie in die verwoestende elektriese storms dit na buite te waag nie.

In die noordelike staat Bihar waar die stormweer die ergste was, is 83 mense gedood deur die weerlig op een enkele dag.

Kenners meen dit is die ergste weerlig wat die land getref het in meer as 25 jaar, en die tweede grootste ramp wat in 2017 toe 50 mense deur weerlik gedood is.