Griep vs Covic-19

Die Spaanse Griep in 1918/19 het meer as 300 000 Suid Afrikaners se lewens gekos, bykans 6% van die destydse bevolking van die land. Dus word die Covic-19 virus nie so ernstig beskou as die destydse Spaanse Griep nie. Tans is die dodetal net oor die 1 000 en moontlike bespiegeling oor die aantal sterftes wat nog kan kom, lukraak.

Die regering kom al hoe meer in die spervuur rondom hul hantering van die virus en die grendelsluiting.  Die “Academy of Sciences” se uitspraak dat dat “sterk wetenskaplik-gebaseerde regerings optrede” die lewens van baie Sud Afrikaners gered het, is volgens nuwe gegewens totaal ongegrond.

Die regering se dramatiese onkorrekte voorspellings waarop hul “sukses” gebaseer was, was misleidend. Die aanvanklike skatting van tussen 87 000 en 351 000 sterftes aan die begin van die pandemie is later as “onlogies en gebrekkig “ verklaar deur die Gesondheids ministerie se adviserings kommitee. Einde Mei kom en die minister van Gesondheid en kondig aan dat daar moontlik 40 000 sterftes kan wees weens die virus.  Dit is dus nie naby die jaarlikse sterftes aan gewone griep wat  11 000 lewens in Suid Afrika eis nie.  50% van alle griep virus sterftes jaarliks word gevind onder  HIV/VIGS lyers.

Die Covic-”raaisel” sal nog lank met ons wees.

Dr Sakkie van der Merwe