Goed gelowige volk

Die Afrikanervolk is ‘n goed gelowige volk. Dit sien ons in die geskiedenis waar ‘n Piet Retief goed gelowig in Dingaan se kraal gaan en uiteindelik aan ‘n paal sterf.

Dit sien ons in die laat tagtiger jare toe die volk opgeroep word om op die wen trein te klim,  die politieke trein wat vryheid sou bring. Maar die “trein” wat die volk net weer verdeel het. ‘n Goed gelowige volk wat De Klerk en kie geglo het dat daar eie woonbuurtes en eie skole, vrede en voorspoed sal wees as hul Ja stem.

‘n Goedgelowige volk wat Mandela as ‘n goed geaarde president gesien het is wat hul belange sou beskerm. ‘n Volk wat hand op die bors die Afrika god saam met die kaders prys met hul sing van  Nkosi sikilele.

‘n Goed gelowige klompie mans wat hul laat mislei het deur hul eie mense om in opstand te kom en vandag nog in die tronk te sit.

‘n Goed gelowige volk wat Ramaphosa sien as hierdie “gelowige” president en groot “sakeman” wat die land sou ophef uit bankrotskap van ‘n Zuma bestel.

‘n Goed gelowige volk wat toesien hoe ‘n “pandemie” gebruik word om die Afrikaner sakeman/vrou tot in die grond in te dryf.

Erger nog ‘n goed “gelowige” volk wat hul laat mislei deur kerkleiers. Kerkleiers wat hul bring om die Belhar belydenis Sondae te bely. Kerkleiers wat hul vertel van ‘n metamorforiese opstanding van Christus ipv ‘n liggaamlike opstanding.  Goedgelowige die kerkleiers volg wat verkondig dat sonde nie meer sonde is nie deur selfde geslag verhoudings goed te keur.

‘n Goed gelowige volk wat aanvaar dat kerk byeenkomste gevaarlik is vir hul gesondheid.

‘n Goed gelowige volk wat toesien dat hul kinders in ‘n verbasterde skoolstelsel sit waar die geskiedenis verdraai word en waar Godsdiens nie meer plek het nie.

‘n Goed gelowige volk wat op die rand van uitwissing staan.

Qua Vadis Afrikaner volk