Ernstige verskille tussen kabinetslede

Dit wil lyk of ernstige verskille aan die ontwikkel is onder lede van die Ramaphosa kabinet oor die hantering van sake rondom die pandemie.

Die Minister van Gesondheid, sê die verslapping van grendel maatreëls om toe te lat dat die ekonomie weer op dreef kan kom, kan lei tot ’n sosiale ineenstorting.

Die verslappings het ’n direkte impak op die land se gesondheid stelsel, sê Minister Mkhize op die vooraand van die Minister van Finansies se spesiale begrotingsrede in die parlement.

Die verligting in maatreëls met die aankondiging van Fase 3 en die daaropvolgende aanpassings wat salonne insluit, is grotendeels gedoen om die algehele ekonomiese situasie te probeer verbeter en om te voldoen aan eise wat deur die instansies gestel is.

Soos wat die tabak-debakel ’n duidelike meningsverskil tussen Dlmini-Zuma en Ramaphosa is, net so is daar verskille tussen Mboweni en Mkhize oor die volgende tree wat gegee moet word.

Suid-Afrika is nog vêr van die omdraai punt van die virus pandemie, en die verwagting is dat die ekonomiese sowel as maatskaplike probleme gaan nogal moeiliker tye bring vir die hele Suid-Afrika.