Enkel lopende myner word miljoenêr

Die regering in Tanzanië het ’n persoon wat op sy eie manier delf in ’n myn, bykans 3 miljoen euro betaal vir sy ontdekking.

 Saniniu Laizer het 2.9 miljoen euro gekry vir sy Tanzaniese edelgesteente wat beskou is as die grootste van sy soort wat ooit ontgin is.

Die regering het besluit om die reuse gesteente in die nasionale museum te hou, en daarmee verseker dat die twee grootste stene van die soort in die land se besit bly.

Die 52-jarige myner het die twee stene wat die grootste van die prehistoriese edelgesteentes is wat ooit gevind is, aan die regering verkoop.

Die grootste steen weeg 9.27 en die ander 5.1 kilogram, en beide is in die noordelike Mirerani heuwels gevind.

Op ’n vraag wat die man met die miljoene gaan maak, het hy gesê hy wil ’n inkopie sentrum laat bou en ’n skool naby sy eie woonhuis.