Duitsland: Verwyder “ras” uit grondwet

Nadat die wêreld in opstand gekom het oor die dood van Georg Floyd in die VSA, het ’n hernude vlaag van anti-rassisme na die oppervlakte gekom, en Duitsland dalk heel voor in die ry laat staan.

Die linkse Groen Party van Duitsland het na afloop van die protes sy eis gestel dat die “ras: term uit die land se Grondwet verwyder moet word.

Die party vra ook dat die term “ras” van die Duitse wetboek verwyder moet word wat tans deur hulle beskou word as ’n diskriminerende wet.

“Duitsland het nodig om alle vorme van rassisme te beveg”, se die party in ’n verklaring.

 In die afgelope weke het Duitsland ook deurgeloop onder die anti-rassisme protes optogte waarna die Groen Party sy versoeke tot die regering gerig het.

Twee lede van die Groen Party, waarvan een ’n blanke en ’n ander een swart is, het die versoek opgestel en ook ’n uitgebreide media onderhoud gevoer om hulle saak wyd bekend te stel, en gesê hulle ondervind dit moeilik dat die grondwet onderskeid maak tussen die twee van hulle.