Duisende vlug uit Myanmar

Die Verenigde Nasies het sy kommer uitgespreek en gevra vir ’n dringende stel maatreëls om mense se lewens te spaar wat die teiken van rebellegroepe geword het.

Die oorlog geteisterde land wat geleë is tussen Sjina en Indië is weer in ’n burgerlike stryd gewikkel nadat ’n prominente figuur gedood is.

Derduisende mense word nou verplig om te vlug nadat die geweld toegeneem het tussen die Myanmar gewapende magte en die etniese Boeddhiste in die suidelike deel van die land.

Die Boeddhiste veg omdat hulle meer regte eis, en die gewapende magte poog om die opstandige sondeer beheer te bring met wapengeweld.

 Die Boeddhiste vlug na Bangladesh wat ook grens aan die land, met die hoop dat hulle veiligheid sal kry, maar die gewapende magte agtervolg die vlugtelinge tot hulle die grens bereik.

Die regeringsmagte en die rebelle is in ’n voortdurende oorlog gewikkel, en verlede jaar het sowat 70,000 Boeddhiste daarin geslaag om die grens oor te steek, maar die Verenigde Nasies sê ’n blywende oplossing is nodig om die verde te herstel.

Nagenoeg 150,000 mense word deur die konflik geraak, maar die owerheid slaag nie daarin om die vrede bewaar te kry nie.