Duisende kinders van Afrika ongeletterd

Meer as 260 miljoen kinders in Afrika sal waarskynlik ongeletterd deur die lewe gaan, wat ook ’n uitsiglose toekoms sal wees van hoogstens ’n lewe sonder werk of ’n harde arbeid beroep gaan wees.

Die bevinding van die Verenigde Nasies volg na studie gedoen is oor die geweldige uitwerking wat die koronavirus op die onderontwikkelde state van Afrika het.

Dit is bevind dat minstens 260 miljoen kinders in 37 Afrikastate hoegenaamd geen toegang het tot skole nie, en dat die toestand nog kan vererger indien die ryk lande van die wêreld nie toetree om die omstandighede om te draai nie.

Kenners het egter daarop gewys dat dit nie net in Afrika is waar miljoene kinders ongeletterd deur die lewe sal gaan nie, maar ook in groot dele van Asië met sy digter bevolking, kan soortgelyke omstandighede ontwikkel veral met die negatiewe uitwerking van die koronavirus.

Benewens die werkloosheid, armoede en ongeskoolde ouers, word menige vroulike kinders as seks-slawe weggevoer, terwyl armoedige ouers ook hulle kinders verkwansel in ’n poging om geld te bekom.

 In Afrika is minstens 50% van die kinders onder die ouderdom van 18 jaar in die situasie en bestaan die bekommernis dat die uitwerking van die koronavirus op die lande se ekonomiese stand, dit nog verder kan toeneem.