Dlamini-Zuma moet gou reageer – of hof toe

Die Minister

Die septer-swaaiende ANC minister, Nkosazana Dlamini Zuma het kans tot 14h00 vanmiddag om haar beslissing te verander oor skoonheidsalonne as sy nie in die hof wil beland oor die vreemde beslissing nie.

Die ANC regering se minister word gedreig met die hof oor die besluit dat skoonheidsalonne nie mag heropen voor Fase 1 nie.

’n Hofgeding is deur sekere haarsalonne begin wat hulle verloor het, maar nou is opposisiepartye ernstig om die Hooggeregshof te nader ten einde die onverstaanbare swak besluit omvêr te werp.

Die minister staar reeds ’n hofgeding in die gesig oor die sigaret-fiasko en meningsvormers is van oordeel dat sy betrokke kan wees by die smokkel handel in sigarette wat tans op ’n landswye basis bedryf word.

Vroeër is die minister daarvan beskuldig dat sy gelieg het en daarom afgedank behoort te word, maar die eis van opposisiepartye is geïgnoreer.