Die Kubane is duur arbeid

Die regering moet onthou dat hy R735,000 sal moet opdok vir die brigade se registrasie wanneer die Kubaanse dokters met hulle werksaamhede moet begin nadat hulle uit kwarantyn vrygelaat is.

Die registrasie moet aan die Gesondheid Professionele Raad van SA betaal moet word, alhoewel dit slegs ’n druppel in die emmer is van wat die Kubane gaan ontvang.

Die regime moet die Kubane sowat R239 miljoen aan salarisse vergoed en die 187 lede van die Kubaanse Mediese Brigade wat volgens die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, spesialiste is, is ingeroep omdat SA ’n tekort aan deskundiges het.

Intussen is vasgestel dat meer as 400 uiters bekwame dokters in Suid-Afrika oor die hoof gesien is en dit blyk so te wees omdat hulle blank is en SA burgerskap het.

Die Kubane sal glo aan SA wys hoe om op te tree teen die COVID-19 gevalle, maar deskundiges in SA sê hulle het twyfel oor die dokters se kundigheid met die nuwe koronavirus, want dit is vir almal ’n nuutgevonde probleem en die wêreld se mees kundige wetenskaplikes krap steeds kop oor die virus.