Die ANC struikel in hofsaak

Die regering van president Ramaphosa het ’n lgehele mislukking gehad in sy laaste poging om ’n vertraging te bewerkstellig in die eerste uitdaging in die hof oor die tabak verbod.

Die inperkings verbod op die verkope van tabak produkte weens die pandemie het sy eerste ronde in die hof gehad waarin die regering sleg tweede gekom het.

Die regime het probeer om die hofgeding te verlangsaam deur die Hooggeregshof te vra om die staat mee kans te gee op voorbereiding terwyl die saak reeds twee weke of meer uitgestel was.

In ’n brief aan die een regter, Annali Basson, het die Free Trade and Independent Tobacco Association (Fita) die staat se versoek om die saak uit te stel, teengestaan.

Die regter het uiteindelik beslis dat die saak wel voortgaan op die geskeduleerde datum en dat daar geen rede is waarom dit uitgestel moet word nie.