Cyril se groot skrik

Nadat die land vanaf Fase 5 na Fase 4 verskuif het met die inperking maatreëls, het hy glo erken dat die verbod op sigarette moontlik verkeerd benader is.

Tydens ’n virtuele konferensie met die SA Nasionale Redakteurs Forum die afgelope Sondag, het die president gedwing om sekere indringende vrae aangaande die regering se beleid oor inperkings te antwoord.

Uit die gesprekke het dit na vore gekom dat die uitvoerende gesag nie altyd by die president gesetel was nie, en daarom het hy ook gesê dat toe hy aangekondig het dat die verbod op sigarette opgehef word, was dit gedoen onder ’n vlaag van bekommernis by ander lede van die besluitnemings struktuur wat veroorsaak het dat die besluit omgekeer moes word.

Die president beweer dat “duisende” mense beswaar gemaak het teen die opheffing van die verbod op sigarette, maar waarnemers reken die beswaarmakers het nêrens in die openbaar an hulle laat hoor nie, wat steeds die indruk laat dat Ramaphosa geswig het voor die eise van minister Dlamini-Zuma wat klaarblyklik betrokke is by die smokkelhandel in sigarette.