COVID-19 spoel oor Gauteng

Die infeksies gevalle van koronavirus het nou eers ’n ernstige wending geneem in die stedelike gebiede van Gauteng provinsie.

In Johannesburg is die totale infeksies reeds meer as 16,700 waarvan net minder as 5,000 weer herstel het en meer as 89 het gesterf.

In die tweede plek is Ekurhuleni met 7,200 infeksies en 33 sterftes, met Pretoria en omgewing in die derde plek waar 5,400 infeksies en 21 sterftes aangeteken is.

Die provinsie met sy hoë bevolking het reeds ’n totaal van minstens 37,000 infeksies en sowat 8,500 het herstel terwyl 174 weens infeksie gesterf het.