City Power vervolg onwettige krag verbruikers

Sakeondernemings met onwettige elektriese koppelings gaan nie net sien hoe sy koppeling tot niet gemaak word nie, maar gaan ook ’n boete kry wat selfs R1 miljoen kan wees.

Huisbewoners wat skuldig bevind word van onwettige krag aansluitings, kan tot ’n R22,000 boete verwag.

City Power, in samewerking met die SA Polisiediens en die Johannesburgse Metro polisie gaan ’n gesamentlike poging aanwend om die euwel uit te roei.

Volgens ’n woordvoerder is die onwettige aansluitings grootliks verantwoordelik vir die swaar lading op die netwerk, wat uiteindelik lei tot beurtkrag regoor Suid-Afrika.

Kenners reken egter dat die boete stelsel slegs in ’n kleiner persentasie van oortreders van waarde is, aangesien die grootste deel van die diewe mense is wat nie so ’n boete kan betaal nie omdat hulle klein inkomste kwalik in die noodsaaklikste behoeftes kan voorsien.