Brandstof word nog duurder

Noudat die herstel tydperk op ekonomiese gebied so noodsaaklik is, staar Suid-Afrika die een na die ander prysverhoging in die gesig.

Die geskatte prysstyging is van krag vanaf die eerste Woensdag in Julie.

Petrol 93: verhoog met R1.49 per liter

Petrol 95: Verhoog met R1.59 per liter

Diesel 0.05%: Verhoog met R1.48 per liter

Volgens ingeligte bronne word die prysstygings toegeskryf aan die swak vertoning van die Rand, asook die geleidelike styging in die Brent olieprys, sowel as die redelike toename in aanvraag.

Na mate die wêreld terugkeer na die “nuwe normale” leefstyl, sal die olie en brandstofpryse geleidelik toeneem, alhoewel die olie produserende lande sê hulle het verwag dat die prys aansienlik vinniger sou verhoog.