BP wil duisende poste afstel

Die Britse energie reus BP het aangekondig dat hy van voorneme is om met ’n proses te begin om duisende personeellede af te lê.

Die maatskappy sê die olieprys het aansienlik laer gedaal as wat verwag is weens die koronavirus pandemie, wat noodwendig die winsgrens van die maatskappy nadelig geraak het.

BP se hoof uitvoerende amptenaar, Bernard Looney, het die week gesê die maatskappy sal ongeveer 15% van sy werkers aflê nadat die pandemie groot stremming op die industrie gebring het.

Dit beteken dat BP sowat 10,000 mense sal aflê wat wêreldwyd in sy diens is, en hoop dat hy daarmee die finansiële verliese kan omkeer tot winsgewendheid.

Die maatskappy sê die afleggings sal hoofsaaklik senior kantoorwerkers raak en nie die laer inkomste groepe wat die arbeiders is nie.