“Blind SA” sleep Cyril hof toe

Die organisasie Blind SA  wil graag die fasiliteerder wees van die oorskryf van gewone leesstof materiaal wat teksboeke insluit om na brail skrif en ander forms te skryf.

Die organisasie reken dit is in belang van al die blonde mense van die land, en daarom neem hulle Cyril Ramaphosa na die hof oor die nuwe wet wat betrekking het op kopiereg in SA.

Die optrede van Blind SA om die president hof toe te sleep oor die beoogde Kopiereg wetgewing wat tot nadeel van elke blinde persoon in die land kan wees, het opslae gemaak in die sosiale media netwerk.

Meningsvormers reken dit kan die onnadenkende handeling van die regering selfs na internasionale platforms neem en groot verleentheid vir die regering teweegbring.

Berigte lui dat die organisasie sy saak in die Hooggeregshof geliasseer het met die versoek dat die hof die ANC president verbied om die beoogde wetgewing te onderteken.