Bayer moet $10 miljard opdok

Die Amerikaans vervaardigde onkruiddoder, Rounduo, het veroorsaak dat die maatskappy se nuwe eienaars, Bayer van Duitsland, nou $10 miljard moet betaal aan eisers.

Die onkruiddoder word beskou as die oorsaak daarvan dat menige mense in Amerika met kanker gediagnoseer is, en het met ’n saak teen die oorspronklike maatskappy, Monsanto, begin.

Intussen het Bayer die Amerikaanse maatskappy oorgeneem, en daarmee ook die nuwe eienaars geword van die onkruiddoder.

Sowat 95,000 eisers wat na bewering Roundup gebruik het as onkruiddoder, se eise is uiteindelik deur die hof bevestig en Bayer is beveel om $10 miljard aan die eisers te betaal.

Die onkruiddoder bevat blykbaar ’n kontroversiële aktiewe bestanddeel wat verbind word tot kanker in die mens se liggaam.

Bayer se woordvoerder sê die besluit bring ’n einde aan onsekerhede, en die ooreenkoms is gesluit om te voorkom dat die saak in talle Amerikaanse howe verder gevoer word.

Bayer het die Amerikaanse maatskappy etlike jare gelede oorgeneem teen die astronomiese bedrag van $63 miljard, en het daarmee ’n nuwe veld betree in die farmaseutiese en plant plaag beheer bedryf.