Baie besighede gaan sukkel

Sedert 1 Junie is die grootse deel van die sakesektor se deure weer oop vir besigheid, maar finansiële deskundiges waarsku dat dit nie beteken dat alle sakeondernemings dadelik goeie besigheid gaan doen nie.

Ondernemings wat ’n vaste kliënte basis het sal baie energie moet aanwend om hulle weer bewus te maak van die onderneming, en dit kan ’n aansienlike koste verg wat nie altyd by almal beskikbaar is om aan te gaan nie.

Daarbenewens moet sakelui in ag neem dat die resessie ook sy tol eis en mense wat die afgelope maande minder aan inkomste gehad het, sal noodwendig minder kan spandeer, wat besighede uiters nadelig kan tref.

Vlak 3 is wel vir sakemanne ’n positiewe skuif, en nywerhede asook talle ander besighede in die vervaardiging sektor gaan etlike weke sukkel voor volle produksie hervat kan word.

Met die inperkings voorwaardes van Fase 3 is daar ook beperkings op vervaardigers en nyweraars wat ’n tydelike remskoen kan wees, veral as sosiale afstand en kommunikasie toegepas moet word soos wat steeds vereis word.

Daar is ook ’n persentasie sakeondernemings wat nie in staat is om hulle besighede se deure oop te hou nie, en met die negatiewe stand van die ekonomie in die algemeen, tesame met die buitelandse verswakte ekonomie, kan dit baie ondernemings ernstig rem.